Afrikaans /

KEK Kantoor Personeel

Kranspoort Administrasie

Wie ken nou nog nie ons Kantoorpersoneel nie?
Christo Landman, Operasionele Bestuurder van Kranspoort – verantwoordelik vir die operasionele funksionering van die dorp, wildplaas en Gholfbaan. Dit sluit in die finansiële aspekte, infrastruktuurinstand-houding en -ontwikkeling, veiligheid, personeelbestuur en dan nog sommer ‘n hele klomp ander verantwoordelikhede.
Sanet Kruger, Ontvangs- en Administratiewe Beampte. Sanet is die gesig van die Kranspoort Administratiewe kantore. Met haar warm glimlag verwelkom sy almal wat daar kom aanklop vir hulp, leiding en soms klagtes.
Ingrid Kruger, Finansiële Beampte: Ingrid is die dame wat seker maak dat KEK se finansiële state klop, rekeninge betaal is en state bestyds uitgaan, is om maar net ‘n paar pligte te noem.