Daar is 'n groot verskeidenheid wild op Kranspoort teenwoordig, wat u dalk mag sien tydens u verblyf hier. Sommige van hulle is sku en u sal baie gelukkig wees om hulle te sien. Ander is weer net waar jy kyk en wil graag gesien word.
Bokke: Rooibokke, zebras, blouwildebeeste, koedoes, duikers, ribbokke, kameelperde, blesbokke, rooihartbeeste, waterbokke, bosbokke.
Primate: Bobbejane, Blouape, Nagapies.
Reptiele: Veldlikkewaan, waterlikkewaan, swart mamba, pofadder, boomslang, luislang, gespikkelde bosslang, Mosambiek spoegkobra, Bloukop koggelmander ens.
Roofdiere: Luiperd, Bruinhiëna, Swartrugjakkals, Witkwasjakkals, Muskeljaatkat.
Varke: Vlakvark, Bosvark, Ystervark