Kranspoort se Direksie en Gemeenskap verwelkom jou by ons amptelike webwerf. Kranspoort vakansiedorp se stigting is te danke aan die ou Bron vakansie-oord tussen Groblersdal en Bronkhorstspruit wat in die middel tagtigs deur die Staat uitgekoop is. Die geld wat vir die gesamentlike eiendom verkry is, is gebruik om die grond aan te koop vir die ontwikkeling van Kranspoort vakansiedorp wat in 1990 geproklameer is. In 2004 het die eienaars ‘n Artikel 21 maatsappy gestig (Kranspoort Eienaarskomitee om as huiseienarsvereniging om te sien na die bestuur,beheer en instandhouding van al die gesamentlike bates soos wild, gholfbaan, watersuiwering en voertuie ens. Omring deur berge bied Kranspoortdorp aan sy inwoners en besoekers ‘n prentjiemooi bosveldervaring met vrylopende wild, voëlkykersparadys, staproetes, 4x4 voertuigroetes, 9 putjie Gholfbaan, piekniekplekke en vele meer. |