Kranspoort se Direksie en Gemeenskap verwelkom jou by ons amptelike webwerf. Die Bron is die stigters van Kranspoort. Hulle het grond besit tussen Bronkhorstspruit en Groblersdal. Dit was ‘n vakansiedorpie duskant Groblersdal. Die Stigtings-akte was tussen die Bron en die regering. Die Regering het egter beslag daarop gelê en eienaars uitgekoop. Daarna het “Die Bron” die grond aangekoop waar die bestaande vakansiedorp tans is. |